Woorde…

Somtyds kan mense se woorde soos ‘n mes deur jou sny. Of jou onkant betrap en ‘n wond in jou hart maak. So het ek Vrydag ‘n soortgelyke ervaring gehad toe ek met die beste van intensies my boek, Padlangs, op sosiale media bemark het. Nou almal wat my ken, ken my intensies en my hart. Dus het ek nie nodig om myself te verdedig of te regverdig nie. Wat ek doen, doen ek vir die kinders van Môreson, en ek doen dit voluit…

Ek deel die online link gereeld op Facebook, want ek het immers self òòk ‘n verantwoordelikheid ten opsigte van die boek. Ek het immers self baie geld daarin belê en dus rus die onus ook op my eie skouers net so hard as wat dit op die uitgewers sin rus om die boek te bemark. Enigste verskil tussen ons, is dat mý motivering nie slegs daarop gemik is om my kapitaal wat ek in die projek belê het, terug te kry nie, maar ook om ‘n 1000 boeke te verkoop sodat Môreson Kinderhuis R10 000 kan kry.

Daarom het ek Vrydag oggend al my moed bymekaar geskraap om die uitdaging op my eie persoonlike facebook blad, asook op ‘n paar ander facebook blaaie te adverteer. Dis ‘n post wat ek gereeld op my eie blad asook my Facebook Page, Padlangs deel, maar ek wou bietjie ander mense ook daarmee bereik, en besluit toe om op een van die plaaslike groepe waarop daar altyd lekker geklets word, te post. Waar sal jy dan nou ‘n beter plek kry om nuwe mense te bereik…

Wel so gesê, so gemaak… Ek post toe eers die volgende op my eie blad:

“Kom mensies…as ek 1000 boeke kan verkoop, kry Môreson kinderhuis R10 000 in die sak! Dis sonder die e-books wat online beskikbaar is… dis sonder die moontlikheid van ‘n tweede druk… letterlik net op die eerste 1000 wat gedruk is… so daai bedraggie het potensiaal om selfs nòg te groei! Ek wèèt ek is ‘n groot dromer, en ek wèèt hierdie is ‘n lang termyn projek… maar gròòt asb vriende, ek weet ook hierdie boek gaan nie net elke leser se lewe aanraak nie, maar ook elke kind by Môreson sin!!!

Daarom wil ek vra, share asb hierdie post wyd en suid… help my asb adverteer!! Help my om mense wat buite my bereik is, te bereik!!

Online beskikbaar in hardcopy èn e-book! Plaaslik beskikbaar by Booksdirect in Malvaweg, Danabaai (langs Travelers lounge) asook Redding Christelike boekwinkel in Langeberg mall.

En as jy hom self nog nie gekoop het…sal ek jou vir vergewe….maar jy mòèt hom gaan koop! 😂 En aan elkeen wat hom reeds gekoop het, vreeslik baie dankie! Ek waardeer dit opreg!!!”

Geskryf gemaklik in my eie skryfstyl en taal. En vandaar forward ek dit na die betrokke groep toe, met ‘n nederige ‘help my asb om ‘n verskil te maak’ -boodskap aangeheg. En met die maak ek reg vir werk. ‘n Uur of so later kom die eerste comment deur, ‘n dame wat my bedank vir die onbaatsugtige gebaar, en dat sy weet dit vir die Kinderhuis ‘n groot verskil sal maak. Ek antwoord deur te verduidelik dat die kinders my baie na aan die hart lê en dat dit altyd ‘n voorreg is om iets vir hulle te kan doen. Net daarna kry ek die volgende aanmerking: ‘Dink net daar is min mensies en baie meer mense. Dalk moet jy ook vir die mense vra.’ Ek vererg my dadelik vir die kinderagtigheid in die die aanmerking. Vir my is dit eenvoudig – as jy nie aanklank vind by my skryfstyl of hou van wat ek voorstel nie, blaai verby. Ek besluit egter om dit te verander en te antwoord met ‘ek het dit verander…spesiaal vir jou’. Normaalweg raak ek nie in bekgevegte op sosiale media betrokke nie, maar daar is ‘n tyd en plek vir alles, en hierdie was beslis nie die tyd òf plek nie. Ek het skaars klaar geantwoord toe daar nog ‘n aanmerking deurkom. Hierdie keer een wat my eers verwar het, en daarna opstrek woedend gemaak het. Dit het gelees, ‘So jy skenk R10 van die R159….wow !!’ Ek het ‘n eerlik en opregte antwoord gegee, want ek glo aan eerlikheid – ‘Ek en my uitgewer gaan helfde-helfde daarop ja. Die kinders van Môreson lê ons albei baie na aan die hart’. Die aanmerking wat hy daarna gemaak het, het my opreg ontstel – ‘So jy skenk eintlik R5 per boek…R5000…en daar kom R159 000 in ? Klink goed….’ Met hierdie stelling het sy sarkasme baie duidelik deurgeslaan. Ek het gewonder of ek moet antwoord of stil bly… maar hoe kan ek stil bly na so ‘n aanmerking? Ek het geantwoord, ‘Ek skenk R5 per boek, en my uitgewer R5 per boek, so Môreson kry R10 per boek. Dit word nie uit die oorhoofse onkostes verhaal nie maar streng uit ons eie winste.’ Ek wou dit eers daarby los, maar iets binne in my was nog nie gelukkig nie, so ek het aangegaan met ‘En net om dit duidelik te maak…. nee ek kry nie R159 000 in en skenk net R5000 nie. Soos met enige produk daar buite, is daar ongelukkig onkostes om dit te vervaardig en te laat gebeur voor jy enigsins kan sê dat jy geld maak. Ons het besluit om amper ‘n derde van ons wins vir Môreson te gee. Ek doen dit met die grootste liefde in my hart en breë glimlag op my gesig. Want ek het die voorreg om 2 van die dinge wat vir my die grootste passie ooit in my lewe is, te kan doen…ek kan getuig en skryf, en ek kan my liefdadigheidshart in werking stel…’  En dis waarmee ek die gesprek afgesluit het. Ek sou hom graag sy fortuin wou vertel het, vir hom wou sê dat ek nie nodig het om myself aan hom te verduidelik nie, dat God my hart ken en weet wat ek als vir my gemeenskap doen, en dat die eintlike vraag eerder is, wat doen hý vir sý gemeenskap… Maar ek het besluit dis waar ek dit gaan los, waar ek die streep deur hierdie onaangename uitlokkende gesprek gaan trek…

Die middag het ek vele draaie gehad om te ry. Maar hierdie aanmerkings het aan my geknaag. Dit het my hart deurboor – gesny daar waar dit seer gemaak het. Dit het my laat voel asof ek myself moes regverdig, my motiewe moes verduidelik – aan iemand wat my glad nie eers ken òf my hart probeer verstaan het nie. En dit was ongevraagd en onregverdig… dit was seer…

Ek net probeer aangaan met my dag, al het die seer in my hart geknaag. So hard soos wat ek dit probeer ontduik het, het dit my deurentyd gevind. Ek het gestoei met die gedagte dat hoewel my intensies hoe rein ook al mag wees, daar altyd iemand sal wees wat dit sal bevraagteken of afbreek. En daaraan kon ek niks doen doen…

Saterdag oggend het ek wakker geword en die eerste Facebook memory wat op my foon opgeduik het, was een van 2 jaar gelede van Joel Osteen Ministries wat sê:

Have a big vision. Make room for God to do something new. You cannot out-dream God. God thinks big. He thinks overflow. He thinks more than enough. Whatever you’re dreaming about, you need to get ready. God’s going to supersize it.

Vir ‘n oomblik het ek net in stilte gelê terwyl ek oor die woorde lê en ponder het . Ek het die woorde oor en oor gelees, en skielik aan my eie post van die vorige oggend gedink toe ek uitdruklik genoem het dat ek weet dat ek dalk ‘n groot dromer is en dat dit ‘n langtermyn projek is maar dat ek weet dat ons dit sal kan doen – ‘Here, is dit U wat nou met my praat?’

Direk daarna het die volgende memory opgekom van Victoria Osteen:

When God calls you, when God anoints you, it doesn’t matter what other people think about you or what other people do to you. With God on your side, nothing can hold you back.

Ek kon dit nie miskyk nie – God was besig om met my te praat – hard en duidelik! Ongeag wie wat vir my sê of hoe hulle my probeer afbreek – èk weet Wiè ek aan my kant het en juis daarom sal niks of niemand my kan terug hou nie!

Ek het met selfvertroue deur die res van my memories geblaai, en die daaropvolgende een was van Joyce Meyer Ministries en het gelees: 

One radically sold out, committed believer can change the world. You have influence!

As ek ooit daaraan getwyfel het, het ek nou die vaste versekering gehad dat God baie beslis besig was om in te gryp en my te bemoedig soos net Hy geweet het ek sal verstaan…

Ewe skielik het daar ‘n rustigheid deur my hart gespoel. Ek het geweet – geen persoon òf sy/haar woorde sal my ooit kan onderkry, òf my uit my visie en droom kan wegskeur nie – ‘n droom wat God saam met my droom, en selfs wil up-size. ‘n Droom so amazing dat God mý uitverkies het daarvoor…

Ek het nog so in verwondering gesit oor God se duidelike bemoediging, toe ek die volgende raak lees op Facebook: 

If the sea couldn’t stop Moses, If a wall couldn’t stop Joshua, If a giant couldn’t stop David, If death couldn’t stop Jesus, Then nothing can stop you from doing God’s Will.

En toe beep my foon – whatsapp van ‘n goeie vriendin: Never underestimate yourself or what God can do in your life. Professionals built the titanic while an amateur build the ark!

Gaan ek nog iets sê of byvoeg? Ek dink amper nie so nie – Beter as God kon ek dit nie gestel het nie…

Spore van Genade

Hierdie getuienis is een wat ek ‘n hele paar jaar gelede geskryf het, maar eers nou onlangs weer herontdek het… Dit bly steeds een van my gunstelinge… 

bluetrain-diesel

SPORE VAN GENADE

My pa het nog altyd gesê dat sy grootste vrees in die lewe is om ‘n kind raak te ry. Toe hy ‘n paar Saterdae gelede, na werk, by die huis kom, kon ek sien dat iets fout is. Hy vertel toe wat gebeur het en daarom deel ek graag hierdie storie, aangesien dit vir my ‘n absolute wonderwerk is wat daardie middag gebeur het…

My pa is ‘n treindrywer en het diè Saterdag een van daardie spoggerige passasierstreine beman. Hul het skaars uit Oudtshoorn vertrek, toe sy assistent sy skoene uitskop en regmaak vir die voorspelbare rit Mosselbaai toe. Dis ‘n pad wat hulle albei goed ken; vandaar die gemaklikheid. Maar nie hierdie Saterdag nie.

Iewers op pad sien hulle iets op die treinspoor lê, reg in die pad van die aankomende trein. Eers het hulle vermoed dat dit seker ‘n skilpad is, aangesien skilpaaie gereeld op die spore klim, vassit en dan nie weer kan uitkom nie. My pa het sy hand op die rem geplaas om geleidelik spoed te verminder, maar hy vertel dat hy duidelik ‘n stem kon hoor wat vir hom gesê het om harder te rem as wat hy normaalweg, veral met ‘n passasiers trein, sou gedoen het. En watter wonderlike ingryping was dit nie, want net nadat my pa op hierdie gedagte gereageer en dit gedoen het, het hy tot die besef gekom dat daar ‘n kind op die spoor, reg in die trein se pad, is!

Hy het die trein se toeter geblaas om die kind te waarsku dat die trein oppad is, maar geen reaksie gekry nie. Toe eers besef hy dat dit maar ‘n baba is, wat met groot, wild-verskrikte ogies, vreesbevange aan die spoor vasklou. My pa het dadelik die noodrem aangesit en hard gebeur aan die remme, terwyl hy hard begin bid het dat hy die trein betyds gestop moet kry voor hul die kleintjie bereik. Hy het geweet dat daar slegs ‘n 50% kans bestaan om betyds te kan stop. Sy assistent het ook besef hoe naelskraap dit gaan wees en sonder om twee keer te dink, het hy met kaalvoete en al by die bewegende trein uitgespring en die seuntjie met letterlik millimeters net betyds voor die trein weggepluk. Hy het nie vir ‘n oomblik daaraan gedink dat hy sy eie lewe in gevaar stel aangesien hyself ook deur die trein getref kan word sou hy struikel en val. Al waaraan hy kon dink, was om die kleintjie van die spoor af te kry voor die trein hom tref. Hy vertel al wat hy gevra het voor hy gespring het, was dat die Here hom net sal help om nie mis te vat nie…

Toe my pa die trein uiteindelik tot stilstand gebring kry, het hy met skok besef dat die arme kindjie nog nie eens kon loop nie en ook dat die kind se ouers boonop nêrens in sig is nie. Die omliggende huise was ook te ver weg vir so ‘n klein kindjie wat nog nie eers kan loop, om net weg te dwaal. Hy het dadelik die polisie gebel terwyl sy assistent die outjie probeer kalmeer het. Eers toe die polisie daar opdaag, het die pa uit die bloute sy verskyning gemaak, opsoek na sy kind. Ek kon nie help om verlig te voel toe ek hoor dat die polisie die kind in hul sorg geneem het en die pa gearresteer het vir nalatigheid nie…

Ek deel hierdie storie in groot nederigheid, want ek dink nie dat my pa en sy assistent noodwendig helde in die wereld se oë is nie (hoewel baie beslis in myne!), maar ek glo die Here se hand was daadwerklik in alles wat hulle daardie dag gedoen het – ek glo dit was die Here wat daardie dag met my pa gepraat het om die remme stywer aan te draai en sy assistent die moed gegee het om uit die steeds bewegende trein te spring en die kind te red. Ek glo ook dat die Here ‘n groot plan het vir daardie kind se lewe – ‘n tweede kans, en my gebed is dat hy iewers geplaas sal word waar hy die liefde en versorging sal kry wat hy verdien om dit waarvoor hy geroep is, te kan verwesenlik!

BE THAT GUY/GIRL

Die afgelope paar maande was vir my werklik baie moeilik. Ek was nie net onnodiglik hard op myself nie, maar het ook in myself begin twyfel. Die talle onsekerhede waarmee ek omring was as gevolg van al die nuwe onbekendhede waarin ek myself bevind het, het die oorhand begin kry. Maar ter wille van wat ek geweet het ek mòèt doen, het ek maar oë toegeknyp, en dit gedoen…

Die eerste 2 dae by Redding Christelike boekwinkel was vir my hiper uitdagend. As ekstrovertiese introvert is dit beslis nie die maklikste ding vir my gewees om mense net trompop te konfronteer en hul van my boek te vertel nie. Die eerste dag se mense was haastig, hul het kersgeskenke gesoek en nie regtig geselsies nie. Vir amper 2 ure het ek net daar gesit met net my selfoon as geselskap. Mense het om my heen en weer gestap, maar ek kon hul nie voorkeer nie, my moed het my eenvoudig net begaan – tot die eienaars van die boekwinkel my so bietjie onder hande gekry het. Daarna het ek besef, ek kan die dag òf lank maak vir myself, òf ek kan dit pret maak. Daarna het dit so bietjie beter gegaan, maar dit was steeds vir my taamlik moelik. Ek het dit darem reggekry om teen die einde van die dag 4 boeke te verkoop, wat my so bietjie beter laat voel het. Die tweede dag se mense het my letterlik amper net verby gestap. Ek het ‘n paar snedige aanmerkings gekry, en opge-eindig met die verkope van 3 boeke vir die dag. My gemoed was maar laag. Maar gedetermineerd het ek die laaste dag terug gegaan, vasberade om nie te gaan lê nie. Ek sou hierdie dag reguit in die oë kyk en aan myself bewys dat ek dit kàn doen, ten spyte van die vorige 2 dae se vele uitdagings. Ek kon immers ervaar hoe dit dag vir dag nie net alleenlik makliker geraak het nie (hoewel steeds nog nie GEmaklik nie) maar ook hoe ek gegroei het in die proses. En dit was vir my genoeg motivering. En wat ‘n wonderlike dag het dit toe nie uitgedraai nie!? Die mense was net onbeskryflik toegangklik. Hulle was gemaklik en rustig en ek het ‘n paar lekker gesprekke met ‘n hele paar mense gehad – sommige het gekoop, en ander was pure bewusmaking en bekendstelling. Ek het ampertjies begin voel asof ek dit actually regkry! Maar dit was met die laaste boek vir die dag se verkope waar die Here aan my iets ontbloot het wat die begin van ‘n naweek vol geestelike groei en bemoediging was. ‘n Boodskap wat ek nodig gehad het om te hoor na die afgelope paar dae wat verby was…

Net voor ek wil oppak, stap daar ‘n gesin na die winkel toe. Hulle steek vas in die deur, en die man en sy vrou bespreek iets terwyl hul dogtertjie nuuskierig na my kant toe loer. Sy is hierdie pragtige krulle-bos kind met die mooiste glimlag. En terwyl ek haar ouers opsom en reken hulle gaan nie vandag na my luister nie, vra ek haar wat haar naam is. Sy kom staan voor my en antwoord my saggies – so saggies dat ek haar skaars kan hoor. En dan vra sy my, effens harder diè keer, ‘wat is hierdie?’ terwyl sy my boek oopmaak. Haar pa keer haar voor met die woorde ‘moenie vat nie, kyk met jou oë nê’ en stuur haar dan saam met haar ma die winkel in, terwyl hy agterbly en self die boek begin deurblaai. En so raak ons aan die gesels – hy vra my wanneer ek my hart vir die Here gegee het, en ek vertel hom. Die volgende oomblik deel hy sy getuienis met my! En wat ‘n getuienis was dit nie! Met soveel van dit wat hy vertel het, kon ek mee identifiseer – hy vertel van hoe hy die geleentheid gehad het om sy hart vir die Here te gee, en dit misgeloop het omdat hy te trots was. Hoe hy so verskriklik baie foute in sy lewe gemaak het daarna. Goed waarop hy nie trots is nie. Hy het vertel hoe hy daarna eendag ‘n behoefte gehad het aan God se Woord. Hoe hy sy Bybel gevat het en net begin lees het – dag in en dag uit. Hoe hy geleef het met die siening dat hy nie mense nodig het nie, dat hy dit op sy eie sal kan doen. Hoe hy gedink het dit wat hy lees, verstààn hy. Maar hoe hy intussen, hoe meer hy gelees het, meer begin kwaad en opstandig raak het jùìs omdat hy nìè verstaan het nie. Tot hy op ‘n dag besef het dat hy mense nodig het, mense wat hom kan help om dit wat hy lees, in konteks te verstaan, en natuurlik toe te pas. Hy het vertel hoe hy reeds nou al vir sy kinders bid, sodat die Here eendag iemand op hul pad sal stuur wat hul sal help met hul journey. Hoe hy nie wil hê dat hulle soveel jare moet mis as waarop hy uitgemis het nie. Hy het afgesluit met die woorde, “ek weet nie eintlik hoekom ek nou my storie vir jou vertel het nie, maar ek dink dis omdat ek graag vandag vir jou wil sê, moenie ophou om te getuig en jou storie vir die wêreld te vertel nie. Die wêreld het meer sulke tipe stories nodig – stories van normale mense soos ek en jy – mense met ‘n alledaagse bestaan wat deur alledaagse uitdagings ge-challenge word. Hulle soek nie nog hoë woorde en skrifte wat nie vir hulle sin maak nie. Hulle soek vir God in ons daaglikse bestaan. En dis die stories wat jy moet vertel – moenie ophou nie… ”

Ek het daar weggestap daardie middag met ‘n groot glimlag op my gesig – nie net omdat die 5 boeke wat ek daardie dag verkoop het vir my sielkundig soos ‘n persoonlike oorwinning gevoel het nie, maar ook omdat ek geweet het dat God met my persoonlik gepraat het. Hy het iemand, ‘n wild vreemdeling, gestuur om MY te bemoedig, om my daadwerklik te wys watter verskil ‘n getuienis kan maak in iemand se lewe. Hy het my vir ‘n oomblik laat ervaar hoe geìnspireerd ‘n mens werklik kan voel deur net te luister na iemand anders se storie van hoop. Vir daardie oomblik het ek ervaar wat ander mense gaan ervaar as hulle my boek sou lees – en ek het geweet; hierdie was Goddelike bemoediging omrede ek dit weer nodig gehad het om in myself en in Sy opdrag te glo…

Sondag het ons kerk toe gegaan, hoewel ek regtig nie baie lus was nie (ek het ‘n baie slegte nag gehad – daar het ‘n ongeluk reg voor my gebeur die vorige aand en die gebeure het herhaaldelik voor my afgespeel selfs al was dit nie so ‘n groot ongeluk nie). My pa wou graag gaan, so ek het maar die wekker gestel en opgestaan. En wat ‘n verrassing was dit (weereens) nie vir my nie!

Jo Black was by die kerk. Ek het eers oorspronklik gedink hy woon net die diens by, maar toe besef hy bied dit actually aan. En wat ‘n besonderse oggend was dit nie!

Jo Black doen heelwat motiverings praatjies by skole en kerke, almal met dieselfde boodskap – Be that guy (girl). Hy begin deur vir ons te vertel dat ons almal ‘dirt’ is, so hy verduidelik. Hy skep ‘n prentjie en vertel ons van sy agtergrond; sy grootword jare. En dan heelwat later, laat val hy dit skielik – die storie wat hy vertel het sy van idilliese grootword jare is nie dieselfde grootword jare wat hy werklik ervaar het nie. Hy kom uit ‘n ouerhuis waar sy ouers geskei is, waar hy by sy oupa groot geword het. Hoe hy na skool gaan werk het en ‘n sukkel bestaan gevoer het. En dit, verduidelik hy, is SY dirt. Hy het voortgegaan en verduidelik dat elkeen van ons met iets binne in ons rondloop wat ons eie dirt is, en ook hoe maklik dit is om daardie dirt weg te steek vir die mense om ons; hoe maklik dit is om ‘n beeld te skep wat ons wil hê mense moet glo. Sommige mense kom uit geskeide ouerhuise uit, ander mense ìs die geskeide ouers. Van ons het ‘n besonderse minderwaardigheids gevoel in ons, ander het weer ‘n seer van teleurstelling wat iewers oor hul pad gekom het… En, net soos hy sy eie ‘prentjie’ uitgebeeld het, skep ‘n mens dikwels ‘n ander prentjie van wat die realiteit werklik is. Hy het aangegaan en mense uitgedaag om iets in hul lewe te te identifiseer en gevra wie van ons sò ‘n dirt in ons eie harte saamdra. Orals het daar hande opgegaan, myne inkluis. Ek het onwillekeurig daaraan gedink dat ek in my daaglikse menswees eintlik met ‘n tipe minderwaardigheids gevoel rondloop – want diep binne in my twyfel ek steeds in myself en in my (skryf)vermoë. Binne in my voel ek steeds dat ek niè daai verskil kan maak nie, dat ek nie goed genoeg is nie, want wie is èk nou eintlik… Hy vra toe dat almal wat hul hande opgesteek het, en selfs die wat te ‘bang en skaam’ was om dit te doen maar weet in hul harte dat hul ook in die katogorie val, moet opstaan. Die hele gemeente het opgestaan en hy het geantwoord, ‘kyk gou om jou! Sien jy hoe baie mense om jou staan? Dis almal mense wat, net soos ek en jy, een of ander dirt met hul saamdra! Dit is ook die mense na wie toe jy kan draai en vra vir ondersteuning. .. Dit is natuurlik ook die mense wat jòù nodig het! Want nie een van ons is perfek nie! Ons almal het dirt!

Dit het my nogals getref, aangesien ek nog nooit regtig so daaraan gedink het nie. Nog van sy woorde wat my getref het, was “Niemand verdien om soos ‘n niemand te voel nie” . En ìs dit nie ware woorde nie? Ek meen, ongeag wat jou dirt in jou lewe is,  elke persoon moet behandel word soos wat Jesus hom of haar sou behandel. En dit is juis hier waar sy Be that guy/girl stelling inkom, want sy uitdaging is eenvoudig: Wees JY daai persoon wat iemand anders altyd soos ‘n iemand laat voel! Ongeag die agtergrond of die baggage wat die persoon saamdra…

Hoekom het dit my so getref? Want hy het iewers deur die diens aangesluit by Vrydag se getuienis, toe hy gesê het dat ons elkeen ‘n storie het om te vertel. En dat ons daai stories moet vertel, want mense daar buite het nodig om dit te hoor! Mense daar buite het nodig om te weet dat hulle nie alleen is nie. Dat daar nog mense daar buite is wat deur soortgelyke omstandighede gaan en juis daarom moet ons mekaar dra en ondersteun.

Dit was so ‘n geseënde diens, en ek het sò geesvervuld daar uitgestap. Infact, daar het ‘n emosie in my opgestoot wat net die Heilige Gees kon wees!

En ek het een ding verseker geweet – ongeag my eie dirt, ek wìl my stories met die wêreld deel. Ek wil daardie girl wees! En as God my daarmee toevertrou, wie is èk om in myself te twyfel?!?

So ja, ons almal het ‘n storie om te vertel – en met elke foutjie in my sal ek getuig van God se grootheid òm my!!!

Kian en Liellabelle

Ek ken vir Anneke en Wardiaan al vir baie jare. Destyds toe ek by die ongetroude sel aangesluit het, was Anneke en Wardiaan die twee mense wat my by my huis kom optel het, sodat ek nie vreemd en alleen daar moes aankom nie. Ons was nog nie eers behoorlik by die kompleks se hek in nie, toe hulle my reeds genooi het na die daaropvolgende naweek se beplande safari-ete. Hulle het my dadelik op my gemak gesit, hulle was vriendelik en innemend. En dit was my eerste ontmoeting met Anneke en Wardiaan…

Oor die jare het ek Anneke en Wardiaan onderskeidelik baie beter leer ken, en hulle het diep in my hart ingekruip. Daar was net altyd daai ‘iets’ aan hulle. Hulle was spontaan, opreg en eerlik… en in ontkenning!

Want sien, Anneke en Wardiaan het altyd mekaar se geselskap geniet, en op die oog af het almal ook altyd gedink hul was in ‘n verhouding. Maar hul het dit altyd ontken – ‘nee ons is net vriende jong’ was die antwoord voortdurig. Ek kon van die begin af sien dat dit meer as net vriendskap was. Daar was net daai ‘iets’ tussen hulle – iets wat nie beskrywing nodig gehad het nie. Mens kon dit sien – dit was net hulle wat dit nog moes raaksien!

Soos die jare verby gegaan het, het hulle hul eie journey in hul vriendskap geloop – tot die dag aangebreek het waar dit wat ons almal eintlik al lankal reeds geweet het, uiteindelik aan die lug gekom het – Anneke en Wardiaan is saam! Ons almal was so opreg bly vir hulle. Met die tyd wat aangestap het, het ons eers die verhouding sien groei, en toe die verlowing. Daarna het ‘n baie lekker troue gevolg en was dit vir ons almal uiters spesiaal om die getuies van so ‘n mooi en spesiale geleentheid te wees – ‘n samesyn van twee spesiale mense wat ‘n baie intieme pad met God stap!

En dis juis hier waar hierdie getuienis werklik sy omvang begin aanneem. Die volgende stap vir enige getroude paartjie, is mos maar om met ‘n gesin te begin. Vir Anneke en Wardiaan was dit ook geensins anders nie. Vir Anneke, ‘n Graad R onderwyseres, en baie lief vir kinders, was dit maar moeilik om rond te stap met die wete dat al haar vriendinne om haar swanger raak, behalwe sy. Haar ouderdom het dinge ook nie makliker gemaak nie, en ek dink by tye was sy maar redelik moedeloos en seer oor hierdie ‘leemte’ wat sy in hulle lewens ervaar het. Haar geloof in God was onwrikbaar, maar soos met enige mens was dit nie altyd die maklikste ding om te hanteer nie, hoewel sy, persoon wat sy is, dit nooit gewys het nie.

En toe kom die nuus… ek sit by die werk en kry ‘n whatsapp – ‘Vriendin, ek het ietsie wat ek jou graag wil vertel…’ ek was nog besig om te vra of dit is wat ek dink dit is, toe die sonar foto deurkom. Ek was so onbeskryflik bly vir hierdie twee mense! Woorde kon nie die blydskap in my hart beskryf nie! En toe… toe kyk ek mooi en sien nie net een nie, maar twee embrio sakkies! Jip, dit was ‘n tweeling!!! Anneke het my gevra om saam met hul te bid dat alles sal goed gaan en dat God Sy wakende Hand oor die tweeling sal hou! En bid het ons almal gebid! En getrou was God baie beslis ook getrou!
Met die vraag rakende die geslag, het Anneke gesê dat hul baie graag ‘n seuntjie èn ‘n dogtertjie sal wil he, maar dat hul by God se besluit sal behaag.

En nou sit jy seker en wonder, wat is nou eintlik so spesiaal aan hierdie verhaal? So kom ek vertel julle – hierdie swangerskap is nie net ‘n wonderlike goedvoel oomblik nie. Nee, dis God se journey met twee van Sy kinders – ‘n journey van getrouheid en geloof! En hier is hoekom:
Wardiaan het nog altyd gesê dat hy ‘n tweeling wil he, en dat hy ‘n tweeling gààn hê! En God het hom nie teleurgestel nie! Toe hul die geslag bespreek het, het Wardiaan met vaste versekering gesê dat Hy graag ‘n seuntjie èn ‘n dogtertjie wil hê, en dat hy ook nie daaraan twyfel dat hy hulle sal kry nie. Hy het bloot volstaan by, ‘ek het God gevra vir ‘n tweeling en God het voorsien, so waarom sal God dan nie ook vir my ‘n seuntjie èn ‘n dogtertjie gee soos ek Hom gevra het nie?’ En God het hom ook baie beslis weereens nie teleurgestel nie – want dit ìs ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie. Wardiaan het sy bestelling ingesit, en God het daarin voorsien.

En hierdie tannie kan nie wag om hulle te ontmoet nie, nog minder vir die dag om hulle te kan vertel presies hoe spesiaal hulle werklik is, want dis iets wat hulle gaan moet weet! Hulle is nie net enige normale tweeling nie… hulle was haarfyn bestel! Hulle mamma en pappa het ‘n intense pad in geloof gestap na die bestelling, en die beloning was ‘n perfekte eindproduk wat slegs God kon vervul .

Wat ek met hierdie storie probeer bereik – Die Here hou daarvan om Sy kinders so nou en dan te bederf. Anneke en Wardiaan se storie vandat ek hulle ontmoet het, was net een gevul met goddelike liefde, en hierdie is maar net God se manier om vir hierdie twee kinders van Hom te sê, ‘hier is net ‘n klein bietjie van daai goddelike liefde terug aan julle’…

Accountability

Accountability…’n Groot woord wat eintlik soveel gewig dra in my en jou daaglikse lewens… mits ons die erns daarvan net kan en wil besef… Kom ek verduidelik dit so:
Laas week gesels ek en ‘n kollega – ons is by ons jaareindfunksie en ons gesels sommer so oor die verantwoordelikheid wat jy het wanneer jy byvoorbeeld ‘n ouer is (sy is swanger); dat die keuses wat jy maak dan nie net meer oor jouself gaan nie, maar immers ook oor die kindjie wat nou op jou staatmaak by die huis. Ons gesels so oor die verkeersbeamptes, en hoe jy, wanneer jy by ‘n funksie of partytjie is, twee keer moet dink voor jy alkohol gebruik, omdat wanneer jy uitgevang word, dit nou nie net meer jou eie lewe is nie, maar ook jou kind se lewe is wat beinvloed gaan word. Hoe so iets nie net nòù oor jou skouers gaan hang nie, maar vir die res van jou lewe, daar waar jy altyd daai kriminele rekord sal hê – met aansoeke vir werk, aansoeke vir visums, en des meer. Die gesprek het toe gedraai na sosiale media en die massiewe effek wat dit op ‘n mens kan hê as jy dit nie verantwoordelik gebruik nie. En dis toe dat ek vir haar noem dat hierdie spesifiek iets is wat vir my redelik baie waarde dra, aangesien ek ‘n online bediening het; en met my boek wat ek moet bemark, projekte waarmee ek besig is en al daardie dinge, moet ek byvoorbeeld baie versigtig wees met wat èk sê en toelaat op my sosiale media, aangesien dit sò maklik verkeerd geinterpreteer kan word, en iemand wat my nie persoonlik ken nie, dit verkeerd kan opvat en dit dan die sodanige persoon moontlik kan verdryf met die teenoorgestelde effek as wat ek graag sou wou hê. Ons het gesels oor hoe ek vir jare aan ‘n goeie reputasie en beeld kan werk, maar dit met een enkele mis-stap, kan uitvee… Haar woorde het my baie laat dink toe sy sê, ‘ja dis asof mense dominees, pastore en mense in die bediening so maklik oordeel – as hul net met ‘n glasie wyn in die hand gesien word, judge mense hul sommer en sê die en daai dominee drink so baie; of dit of dat. En hoe verkeerd dit werklik is omdat hulle eintlik ook maar net dood normale mense is.’ Dit was presies dit – omdat ek in ‘n bediening staan, kan ek nie enige iets post of toelaat op my muur nie – dikwels onskuldige grappies wat mense met my deel – maar ‘n grappie wat ‘n struikelende persoon net verder kan laat val! Dis uiters onregverdig, maar dis ‘n verantwoordelikheid wat jy op jou neem die oomblik wat jy jouself in die situasie plaas.

Dit het my laat dink aan my Diensjaar vir Christus jaar, en hoe ons diensjaar hoof altyd vir ons gesê het dat ons moet oplet wat ons doen en sê, omdat al die oë op ons gerig is, en mense ons dophou. Hoe dit dan net soveel makliker is vir ‘n gewone foutjie om in iets groots te ontaard…

En hierdie hele gesprek het my baie laat nadink, want dit is ‘n feit – daar hang ‘n baie groot verantwoordelikheid op my en jou skouers as ons onsself Christene noem. As ek by die deur uitgaan, staan ek daagliks voor baie keuses – keuses wat my kan maak of breek. En hoe gaan ek daardie keuses maak? Ekself dra die verantwoordelikheid van elke keuse wat ek maak. So ek moet mooi dink en wys wees in die proses…

En so het ek toe ook sommer vandag reeds een van vele geleenthede om hierdie ou nuwe wysheid te beproef toe ek by Game se late night shopping event instap. Gerat met die winkel strokie van die yskas wat ek net Maandag gekoop het nadat myne gebreek het, stap ek toe na customer care om gebruik te maak van hul ‘beat the price’ policy. Die betrokke aand was die yskas selfs nog R250 goedkoper as wat ek betaal het, so ek was opgewonde oor die gedagte dat ek bietjie geld kan spaar op hierdie onbeplande uitgawe. Maar die kliente diens bestuurder was nie so opgewonde nie. En ons was in ‘n lang debat oor wie reg en wie verkeerd is. Volgens hom was daardie policy slegs van toepassing op geadverteerde produkte en vir my was dit misleidend want dis nie hoe hul dit geadverteer het nie. Lang storie kort, hy gee toe vir my die R200 afslag met ‘n afslag koepon wat ek die volgende dag kan afhaal, bloot omrede hy voel hy my as klient eerder wil gelukkig hou as redeneer oor wie reg en wie verkeerd is. By die huis het ek gaan nadink oor als wat hy gesê het, en toe vat ek weer die strokie om hom bietjie meer intens te bestudeer. En dis toe dat ek die gedeelte raaksien waar daar staan dat die Beat the price nie geldig is op een dag specials soos Black Friday en so voorts nie. En onmiddelik het die Heilige Gees my aangekla! En ek het besef, ek wàs verkeerd, en vir ‘n geruime tyd het ek net gelê en dink oor daai voucher… Skielik het ek net te skuldig gevoel – hoe kon ek hom gebruik met die wete dat ek verkeerd was en hom dus nie werklik verdien nie? En dis toe dat dit my tref – dis accountability. Ek moet verantwoordelikheid vir my keuse neem. Elke keuse het natuurlik nagevolge, en dit gaan van my afhang of ek van die nagevolge gaan hou al dan nie.

En dis toe dat ek besluit, dis hier waar ek nou accountability gaan neem! Ek gaan more terug Game toe, terug na dieselfde bestuurder, en ek gaan hom bedank vir die voucher. Dan gaan ek ook noem dat ek dit ongelukkig nie meer gaan gebruik nie – bloot omrede ek besef het dat ek verkeerd was en ek die afslag dus nie verdien nie. Wil ek? Nee! Alles in my skree daarteen, want R200 is baie en dek basies my delivery fee! Dis geld wat ek regtig eintlik nodig het. Maar my integriteit is groter, en ek dra ‘n verantwoordelikheid op my skouers – nie net oor ek in n bediening staan nie, maar omdat ek in my hart ook weet wat Jesus sou gedoen het…

So hiermee wil ek afsluit: dit maak nie regtig saak voor watter keuse jy staan nie – hetsy dit daai laaste drankie is voor jy die partytjie verlaat, ‘n besluit wat jou eerlikheid in twyfel kan trek, ‘n wit leuentjie hier of ‘n integriteit-saak daar – die punt is, jy moet verantwoordelikheid vir jou besluite neem. Accountability is van kardinale belang – infact, dis alles. Hetsy dit op aarde is, of eendag voor God. Maar verantwoordelik gaan jy wees vir elke daad en besluit.

Daarom gaan ek van vandag af daarna strewe om ‘n lewe te lei gevul met accountability, want dit is wat God van my verwag!

Die volgende generasie…

Met die skoenboks projek wat aan die gang was, het ek sommer die skoenbokse wat ek moes koop met donasie geld, asook my eie skoenbokse en diegene wat reeds begin inkom het, in die spaarkamer op die bed neergesit.
Met nasionale braai dag, het vriende by my kom kuier en braai, en soos geskenke mos nou maar doen, het hierdie bokse my vriendin se 6-jarige se aandag behoorlik getrek. Sy het geloer en terug gedraai, weer geloer en toe onder my blad kom staan en saggies vir my gefluister, ‘tannie, daai kers geskenkies wat op die bed lê…is dit dalk òns kinders sin?’ Ek het vir haar geglimlag toe ek haar antwoord, omrede èk iets geweet het wat sy nie geweet het nie – soos dat haar geskenkie reeds in die kas weggesteek was! ‘Nee sussie, dis die kinders van die kinderhuis sin’ Sy het my stip aangekyk en baie volwasse vir haar ouderdom geantwoord: ‘oja! Ek het so bietjie vergeet dat ons nie die enigste kinders is vir wie tannie altyd geskenkies koop nie! Tannie koop ook mos vir die kinders wat nie mammas en pappas het nie, kinders wat net ‘n bed en klere het! Weet tannie wat? Dis baie goed dat tannie dit doen, want hulle verdien ook om bietjie bederf te word!’
Ek kon op daardie oomblik haar net vasdruk en styf vashou! My hart het gesmelt vir die wysheid van hierdie 6-jarige. Maar dit was nie net ‘n wysheid wat oulik was nie, dit was ‘n wysheid wat vir my verseker het ons doen actually iets reg!
Want sien, liefste Meandri kom al 5 jaar lank saam met my dankseggings- en skoenboks projekte. Ek glo mos baie sterk daaraan dat die kinders moet saamkom, dat hulle van kleins af moet leer waaroor dit werklik gaan. Daarom gee ek ook elke jaar vir hulle ‘n klein ‘takie’ by die pretdag – dit is streng hulle verantwoordelikheid om die lekkergoed pakkies uit te deel! Dis ‘n taak wat die kinders ontsaglik baie geniet, en dit leer hulle ook om te dien. My vriende vat ook die kinders saam wanneer hulle hul skoenbokse opvul, en verduidelik dan vir die kinders en laat hulle help uitkies. Deur die kinders bloot te stel aan ‘tannie Yolandi se projekte’, soos die ouers dit noem, leer ons die kinders dus van jonks af om te waardeer wat hulle het, asook om vir ander wat nie so bevoorreg is nie, om te gee en hulle te help.
Hierdie spesiale oomblik tussen sussie en my, het vir my net weereens bewys dat dit wat ons hul probeer leer met die projekte, actually vrugte afwerp. Op 6-jarige ouderdom verstaan sussie reeds die konsep dat daar soveel kinders daar buite is wat so min het. En sy wys reeds die nodige empatie teenoor hulle.
Die wete dat ons slaag in ons poging om ‘n nuwe generasie te kweek om eendag by òns oor te neem, maak my hart sommer warm!

Being your own worst critic

Na 4 of 5 proeflese, was ek behoorlik op gelees. Die stories het net eenvoudig nie meer vir my goed (genoeg) gevoel nie. Ek kon dit nie meer lees met die emosie wat dit verdien het nie. Ek het myself ‘n klomp goed begin wys maak, soos dat my boek eintlik glad nie goed is of gaan verkoop nie. Dat dit maar net ‘geluk’ was; dat dit eintlik suck! Ek het ander mense se werke begin lees, met die hoop om bietjie te leer en te groei, maar instede van lèèr by hulle, het ek eerder begin vergelyk met hulle. En dit was ‘n baie groot fout! Ek was super hard op myself, ek het myself allerhande dinge begin wysmaak – dinge wat ek in my hart geweet het, nie waar was nie. Ek was so oortuigend dat ek myself later begin glo het!

Hierdie was natuurlik alles satan wat my probeer van spoed afbring het, en ek het so reg in sy kraal gespeel. Ek het sy leuens begin glo. Die leuen dat my werk nie goed genoeg was nie… al het die uitgewers so gedink, al het God dit so beplan – die wortel van ‘n leuen het voor my neus gehang en ek het die aas gevat! Ek was amper gereed om my skrywers muse vaarwel te roep!

Vir ‘n geruime tyd het ek met hierdie aaklige gevoel in my geloop, dalk ‘n vorm van minderwaardigheid, ek weet nie. Maar ek het myself afgekraak en afgeskiet – want dit was net makliker om dìt te glo as om te glo dat ek dit actually kon doen!

En toe skielik, het ek net tot die besef en besluit gekom, dat net omdat my skryfstyl verskil van ander mense sin, maak nie myne swakker of selfs beter nie. Dit maak dit anders, uniek! Soos God my geskape het! Ek het besef dat net omdat ek nie noodwendig aanklank vind by my eie styl nie, beteken nie ander mense vind nie aanklank daarby nie! Want net soos wat ek by sekere mense se style aanklank vind, is daar weer ander mense wat by my styl gaan aanklank vind.

Ek het onderneem om vir ‘n wyle niè my werk te lees nie, hoofsaaklik omdat ek ‘n breek van die stories nodig gehad het, om God opnuut weer in elkeen te kon raaksien, en om myself in die stories weer te kon identifiseer.

En toe gesels ek eendag met ‘n vriendin, en vertel haar van al die vrese, hoe ek letterlik terwyl ek die stories nou lees, alles raaksien wat dalk, taalkundig nie reg is nie, maar wat èk so wou gehad het, hoe ek nou wonder of ek werklik reg daaroor was… en dis toe dat sy vir my vra of ek besef dat ek eintlik my eie worst critic is! Dat ek moet onthou dat mense se skryfstyle verskil – sy het my vertel van ‘n skrywer wie se werk sy die eerste keer gelees het en by haarself gedink het, genade die vrou skryf weird! Hoe sy later ‘n tweede boek van haar gelees het en toe besef het dat dit die vrou se unieke skryfstyl is, en hoe baie sy haar boeke eintlik geniet, juis omdat dit so anders is. Sy het vir my gesê dat ek net ten alle tye getrou aan my eie unieke styl moet wees, ongeag wat! En dit was juis hier waar ek besef het, dat lesers nie 5 Nina Smit’te of 3 Solly Ostrovech’s soek nie, maar eerder iemand wat getrou aan sy of haar eie unieke styl is en sal bly! Dit het my oë oopgemaak , my laat besef dat die wereld reeds ‘n Joyce Meyer en ‘n Joel Osteen het, maar nog nie ‘n Yolandi Claassens nie! En dit was sommer daar en dan wat ek die besluit geneem het – die wereld het van vandag af ook ‘n Yolandi nodig!

Met hierdie motivering in my ingeboesem, het ek die wereld weer reguit in die oë gekyk, en geweet dat God nie hierdie sou laat gebeur het as Hy nie gewèèt het dat ek goed genoeg was nie – goed genoeg nie om die beste te wees nie, maar goed genoeg om Yolandi te wees en ‘n verskil te kan maak in iemand se lewe met my stories!

Vandag weet ek, dis goed om jou eie worst enemy te wees en druk op jouself te plaas om jou uiterse beste te lewer. Maar moenie dit op so ‘n wyse doen dat jy heeltemal perspektief op jou droom verloor nie.

Ek was so hard op myself dat ek amper satan die oorhand gegee het en sy leuens geglo het. Maar die God wat ek dien, is verseker groter as hy! En daarvoor het ek ‘n onbeskryflike gevoel van dankbaarheid in my vandag!

En vandag weet ek èèn ding verseker – my skryfstyl is dalk anders as die normale norm wat verwag word, maar dit bly, Dis uniek, dis enig in sy soort, en dis Yolandi. En tot God anders besluit, sal ek skryf – in my eie unieke skryfstyl. Want God het my so ver gebring daarmee – dis nie die einde nie, inteendeel, dis maar net die begin!

Dissipelskap

As mens aan dissipelskap dink, dan dink mens onwillekeurig aan Jesus en sy 12 dissipels – aan Petrus, Johannes die doper, aan Judas en Mattheus, en al die ander. Jy dink aan elkeen se storie – Petrus wat sy oë van Jesus afgehaal het en amper gesink het tot Jesus Sy hand na hom uitgesteek het. Jy dink aan Johannes die doper, wat mense gedoop het. Jy dink aan Judas Iskariot wat Jesus verloon het… Elke dissipel het sy eie unieke storie gehad, wat oorvertel word. Hulle almal was vissermanne of tollenaars, normale mense met normale beroepe. Mense wat, toe Jesus gese het  ‘volg My’ alles (selfs hul families) net so gelos het om Hom te volg. Hulle het in geloof gewandel, en God gevolg met hul hele hart.

Maar tye het verander. En ons leef in ‘n era waar dit nie meer elke dag so maklik is nie. ‘n Era waar daar nie meer dissipels òf ‘n Jesus op aarde is nie. Wat beteken dit vandag vir my en jou?

So tyd terug, met my doop, het pastoor Pieter na my toe gedraai en vir my iets gesê wat my lewe onherroeplik verander het. Dit  het my baie laat dink – dink op ‘n manier waarop ek nog nooit daarna gekyk het nie! Hy het vir my dankie gesê vir alles wat ek doen tov my welwillendheidsprojekte (ek het die volgende dag my jaarlikse dankseggingsprojek gehad). En toe kyk hy my stip in my oë terwyl hy my vra, ‘jy besef dit wat jy doen, is dissipelskap ne?’  

Ek het nog nooit so daarna gekyk of daaroor gedink nie. My projekte is uit en uit my vorm van danksegging. Dit is waar ek ook dan in gehoorsaamheid tot God se opdragte probeer leef, en in geloof Hom volg selfs al voel die opdrag vir my te groot en angswekkend. Vir my was dit nog nooit enige iets anders as presies dit nie. Ek is en was maar net ek – met  ‘n hart vir mense en ‘n hart vir liefdadigheidswerk.

Vir ‘n hele ruk het ek hieroor nagedink en besef dat dit wat hy gesê het, eintlik presies net dit is – dissipelskap. Is dit dan nie juis wat gebeur het in die Bybelse tye nie? Dood normale mense in doodnormale beroepe, onperfekte mense in hul onvolmaaktheid met ‘n bereidwillige hart. Jesus het gesê, ‘Volg My’ en hulle het alles net so gelos en Hom gevolg. Is dit nie wat met my projekte ook die geval is nie? God gee die opdrag, en ek volg Hom daarin, in goeie vaste geloof.  Ek sê ‘hier is ek Here, gebruik my!’ En dit is immers presies wat God soek. ‘n Bereidwillige hart. Hy soek nie perfekte mense, of ryk mense nie. Hy soek nie geleerdes of predikante nie. Hy soek vir my en jou – normale mense wat nie perfek is nie, mense met foute, mense wat volmaak in hul onvolmaaktheid is!

En ek persoonlik dink dat hierdie ‘n onderwerp is wat baie meer erkenning verdien! Want waar pas dissipelskap in vandag se lewe in? Dit het immers nie gestop met Jesus se opvaarding nie! Nee, op aarde is daar nogsteeds daagliks ‘n intense behoefte na dissipels! En dis waar ek en jy inkom. God roep ons. Hy wil òns gebruik om ‘n verskil te maak – om vissers van mense te maak! Hoe doen ons dit? eerstens deur bereid te wees om te volg! Bereid te wees om te sê, Here hier is ek. Die Here verwag nie van jou om jou werk en jou lewe prys te gee nie. maar Hy verwag wel van jou om beskikbaar te wees. Jy kan ‘n dissipel wees in die area waar jy werk, of daar waar jy in die winkel rondbeweeg. By jou kerk, of selfs by jou huis.  Jy moet net bereid wees om God se Wil bo jou eie te kies.

Met hierdie als in my agterkop, het ek so bietjie gaan oplees oor die onderwerp, miskien omdat ek nogsteeds sukkel om my gedagtes daarom te vorm. En een ding wat vir my uitgestaan het, orals waar ek gelees het:  God Soek Dissipels, nie net Bekeerlinge nie. Hy soek mense wat bereid is om Hom te volg. Mense wat bereid is om Hom te dien. Mense wat bereid is om ‘n verskil te maak. Mense wat bereid is om hul naaste lief te he soos hulself, bereid is om hul naaste te dien. ‘n Dissipel ken God se hart, en is bereid om dit te volg. Dissipelskap bring onderdanigheid – aan God se Woord en aan Sy Wil. Dissipelskap vra dat ons God se Woord nie net sal ken nie, maar dit sal lèèf!  En as jy hierdie begrip eers onder die knie het, sal al die ander ander dinge vanselfsprekend volg.

Wat is die uitdaging dus vir my en jou? Baie beslis, om te dien, soos wat Jesus ook gedien het. Die Here se opdrag waarmee Hy ons in Matteus gelos het, is nie verniet: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Mat 28: 19.

 

Integriteit

En so was ek toe mos nou vriendelik verplig om ‘n nuwe yskas te koop – myne het besluit hy is moeg, stukkend, totaal en al klaar met die wereld! En met geen back-up yskas of vrieskas behalwe my ouers sin, +-10km verder nie,  was dit ‘n krisis. My pa, gewillig om te help soos altyd, gee toe maar sy kredietkaart vir my om solank ‘n nuwe yskas te gaan koop, met die voorwaarde dat sodra my assuransie uitbetaal, ek hom weer moet terug betaal. So gesê so gemaak, met my gemoed maar redelik laag omrede ek nie begroot of beplan het om ‘n yskas nou te vervang nie.

Maar dis nie waaroor hierdie storie gaan nie – dis die gebeure wat daarna ontvou het wat ek graag met julle wil deel…

Maandag betaal ek die yskas – hy is op special vir R6999 en die special is net tot Dinsdag geldig. Heel trots op my ekonomiese besparing gaan ek huistoe net om te besef dat Game die Woensdag aand hul Suppliers Evening het, waar hul 10% afslag op alles in die winkel gee. Ek werk uit, en besef dat as ek die yskas eerder die Woensdag gekoop het, ek ‘n verdere R250 goedkoper sou betaal het as jy die 10% afslag aftrek van sy normale prys van R7499! Met selfvertroue is ek toe Woensdag aand na Game toe, want sien – Game het mos daardie Price Beat-ding waar jy binne 21dae van aankope, dit goedkoper kan kry as jy ‘n bewys het dat jy dieselfde item by ‘n ander winkel vir goedkoper kan kry, en die betrokke winkel natuurlik voorraad het. En met hierdie 10% afslag price beat hulle mos hulself, of hoe?

Die dametjie wat by die klientediens toonbank werk, roep toe die klientesorg bestuurder nader, en hy verduidelik toe vir my dat die price beat ongelukkig nie van toepassing is nie omdat dit ‘n suppliers event is wat net vir een dag geldig is. Maar ek, rooikop wat ek is, is vas oortuig ek is reg, want dit is mos hoe ek dit verstaan. Die klientebestuurder, Gert, is maar ‘n sag geaarde man, en om my as klient gelukkig te hou, besluit hy, na ‘n lang redekabel, om my maar die afslag te gee. ‘Ek gaan nie hiermee sê jy is reg nie, maar dis vir my belangriker om ‘n gelukkige klient by die voordeur te sien uitstap as om ‘n punt te bewys van wie reg en wie verkeerd is’  en daarmee maak hy ‘n afskrif van my strokie en skryf daarop dat ek ‘n R200 after sales discount voucher kan kry.  Omrede hul sisteme nou gestel is vir die 10% afslag sal hul die voucher eers die volgende dag kan uitreik, maar ek is heeltemal tevrede daarmee, en stap self voldaan daar uit.

Maar terug by die huis, begin dit my pla. Ek herspeel alles wat hy vir my gesê het, terug in my kop, en dit maak eintlik vir my heel sin. Hoewel my siening as verbruiker ook sin maak, kan ek tog sien wat hy vir my probeer verduidelik het. Dit alles maak dat ek die strokie nadertrek om die agterkant meer intens te bestudeer. Dit gaan nie vir my oor wie reg of verkeerd is nie, maar èk wil weet, vir myself en my eie gemoedsrus.

En dis toe dat ek ‘n sinnetjie raaklees wat duidelik sê dat die Price beat niè op toepassing is op spesiale one day specialssoos Black Friday ensovoorts nie. En wat was die suppliers evening dan anders as ‘n one day special?

Vir ‘n oomblik het ek net woordloos gesit, en toe begin dit my intens pla. Ek reken dit was die Heilige Gees wat my aangekla het. Nou het ek immers geweet dat ek verkeerd was – en dus niè daardie R200 afslag verdien het nie, bloot omrede die Price Beat nie gekwalifiseer het daarvoor nie. Hoe kon ek dan, met hierdie wete, daardie R200 voucher gaan afhaal en spandeer asof ek daarop geregtig is? Op grond waarvan?  In my oë sou dit bloot plein oneerlik gewees het, en hoe kon ek oneerlike geld spandeer met ‘n goeie gemoedsrus?

Ek het met my ma gesels, en sy het genoem dat  niemand my forseer om die voucher te gaan afhaal nie. Dat sy ook dink dit die regte ding sal wees om dit  nie te neem nie. Vir my was accountability en my integriteit belangriker as daardie R200. Ek is die een wat daarmee moet saamleef, met my eie gewete. Ek is die een wat dalk nou op aarde daarmee gaan wegkom, maar eendag voor die Here gaan moet staan en rekenskap gee van daardie R200. Ek kon dit eenvoudig nie gebruik nie!

Die volgende dag het ek met nog ‘n paar vertroueling gesels, en almal was dit eens – hulle stem saam dat ek dit nie moet gebruik nie. Maar die papier net weggooi kon ek nie. Die Here het dit op my hart gedruk om terug te gaan na Game, en die strokie te gaan terug gee. Ek moes self met Gert praat, en vir hom verduidelik hoekom ek dit doen. En jammer sê. Ek weet dit was nie nodig nie, maar ek wou. Het ek daarna uitgesien? Baie beslis nie. Maar ek het geweet ek moes. Om net die strokie in die drom te gooi, was nie goed genoeg nie. Ek moes teruggaan…

Daar aangekom, was Gert in ‘n vergadering. Hy het die dame by kliente diens opdrag gegee om die voucher vir my uit te reik. Ek het haar dadelik gekeer, en versoek dat ek hom eers persoonlik wil sien alvorens enigevoucher uitgereik word…. Sy het hom weer gebel, en hy het genoem dat hy net in ‘n vergadering is, maar dat as ek bereid is om vyf minute te wag, hy verseker daar sal wees. Ek was nie haastig nie. Ek moes hom net persoonlik sien.

In die wag, het ek en die dame by kliente sorg aan die gesels geraak, en het ek haar die storie vertel. Sy het vir my gevra of ek besef hoe min mense werklik sal terugkom en so iets sal doen? Ek het aan haar genoem dat ek dalk nou op aarde daarmee sal wegkom, maar eendag in die hemel gaan ek moet rekenskap gee, en dan is daar nie wegkom kans nie! Sy het aan my genoem hoe daar soveel kliente hier uitstap met goed wat per ongeluk nie opgelui is nie, en hoe daar uit almal dalk een of twee is wat sal terug kom om te sê dat hul graag vir die item wat nie opgelui is nie, wil kom betaal. Sy het genoem hoe hierdie juis iets is wat sy haar kinders probeer leer, hoe sy altyd vir hul sê, wees JY dan deel van daardie een of twee wat sal terugkom…

Intussen het Gert by ons aangesluit, en ek het hom stip in die oë gekyk toe ek vir hom verduidelik dat ek nie die discount gaan gebruik nie. Hy het ‘n verbaasde uitdrukking op sy gesig gehad, een wat absolute ongeloof uitgespreek het. Hy het aandagtig geluister terwyl ek aan hom verduidelik het dat ek gaan nadink het en dat dit my so gepla het dat ek met ‘n ander oogpunt na die voorwaardes en termes gaan kyk het. En wat ek daar gelees het. Ek het hom vertel dat ek dus, op grond van hierdie kennis, nie die voucher kan aanvaar nie, omrede ek dit nie verdien nie – ek was verkeerd en het daarvoor omverskoning gevra. Hy het my aangekyk, steeds in ongeloof, en gesê dat hy my as klient eintlik net wou gelukkig maak, ongeag wie reg of verkeerd was. Vir hom is ‘n gelukkige klient net baie belangriker as een wat verkeerd bewys is. Ek het geglimlag en vir hom genoem dat dit juis  nog soveel te meer rede vir my is om die voucher terug te gee – want hoe kan dit regverdig wees teenoor hòm as bestuurder wat alles in sy vermoë sal doen net om sy klient gelukkig te sien, om daardie goedheid dan uit te buit? Ek het aangegaan, en vir hom verduidelik dat dit nie oor reg of verkeerd gaan nie, maar oor my integriteit wat nou op die spel is, dat ek moet doen wat reg is, ongeag. Ek het genoem hoe die R200 dalk vir my op die oomblik manna is, maar dat my integriteit vir my baie meer werd is. Ek het hom gevra hoe ek met ‘n goeie gemoed daai voucher in sy winkel kan spandeer, terwyl ek in my binneste weet dat ek oneerlik was? Dalk nie toe hy die voucher vir my gegee het nie, maar noudat ek weet ek is verkeerd, weet ek  mos ek verdien hom nie en sal dit oneerlik wees om hom te spandeer! Ek het die afskrif van die strokie met sy skriftelike toestemming vir dievoucher  vir hom in sy hand terug gegee met die woorde, ‘dankie vir jou bereidwilligheid om my gelukkig te hou. Maar hierdie een kom my nie toe nie’  En toe praat Gert, ‘weet jy wat, vandag wil ek net vir jou èèn ding graag sê.  èk het vandag vir jòù ongelooflik baie respek gekry. Weet jy hoe min mense sal doen dit wat jy vandag gedoen het? Laat ek jou een ding vertel – min, indien enige.  En daarvoor wil ek graag vandag vir jou dankie sê.’

En terwyl Gert praat, stoot daar ‘n onwillekeurige emosie in my op wat ek nie kan verduidelik of verklaar in woorde nie. My binneste was net geroer! Ek het eers later tot die besef gekom dat dit die Heilige Gees was wat my emosioneel gemaak het. Dit was amper asof Hy vir my ‘n High Five gegee het om te sê, well done, Ek is trots op jou! Jy het die regte ding gedoen!

‘En moet asb nie ‘n vreemdeling in die winkel word nie’  Ek het geglimlag. ‘Nee wat, ek koop graag by julle as ek sulke goeie diens kry’. ‘Nee jy verstaan nie, as jy in die winkel kom – moenie net deurstap nie, kom sê halo!’

Ek het daar uitgestap met ‘n onbeskryflike gevoel in my binneste. Dit was nie noodwendig die lekkerste of maklikste ding om te doen nie – maar dit was die regte ding om te doen. Nooit sal hy my onthou vir die een wat ‘n kans gevat het of oneerlik was nie. Nee, hy sal my onthou vir die een wat teruggekom het… die een wie se integriteit groter as enige geldwaarde was… die een wie reg bo verkeerd gekies het… en die waardes wat sy daagliks spreek, fisies uitgeleef het… 

Ek weet nou hoekom die Heilige Gees my op hierdie  journey gesit het – die emosionele en geestelike beloning vir integriteit is iets wat jy fisies eers self moet ervaar om te weet dat jy nooit weer daarsonder kan leef nie…

 

Want Goddelike hoop beskaam nie…

Gister oggend was Michael Lindt se cd vrystelling. En soos oudergewoonte, wanneer hy by die kerk optree, het ons seker gemaak ons gaan. Ons geniet altyd sy musiek, en sy passie is altyd vir my aansteeklik! Gister oggend het hy die hele diens basies behartig. Hy het die praise and worship gelei, en vandaar van die liedjies op sy nuwe cd begin sing, en voor elke liedjie, ‘n bietjie meer van die liedjie se oorsprong self vertel, of as sulks ‘n kort getuienissie gelewer wat by die betrokke liedjie gepas het.

So vertel hy toe sy getuienis van destyds toe hy as kunstenaar begin het – hoe moeilik dit met hom gegaan het, en hoe hy gesukkel het om kop bo water te hou. Hy het vertel hoe hy agter ‘n droom (sy vrou!) aangetrek het George toe, en hoe hy daar aangekom het, nie geld of enige iets gehad het nie. Hoe hy vir dae in sy kar moes slaap, en hoe hy gesukkel het maar altyd bly vashou het aan God se prentjie, nie die ‘geld maak prentjie’ waarin hy oorspronklik vasgekyk het nie, maar regtig God se GROTER prentjie.

Terwyl ek so na hom sit en luister, het ek  begin kyk na waar hy vandag reeds in sy loopbaan staan, die sukses wat hy reeds behaal het. En dit alles het my redelik baie laat nadink…

Nadink, want ek is in my skrywers loopbaan presies daar waar hy daai tyd met sy sangloopbaan was – ek het ‘n baie moeilike jaar agter die rug. Finansieel het dit maar ‘geknor’ by tye! Die boek was harde werk, en maak nie saak hoe hard ek gewerk het nie, dit het so dikwels net nie vir my gevoel asof ek bo gaan uitkom nie, asof al die harde werk ‘n gejaag na wind was! My gemoed was by tye laag, op breekpunt. Ek het vasgekyk in die groter prentjie wat ek in my kop gehad het, maar nooit besef dat dit MY prentjie was, en nie GOD sin nie! Ek wou dikwels moed verloor by tye, maar elke keer het ek net besluit om nòg stywer aan God vas te hou!! En ‘n bietjie stywer… en ‘n bietjie stywer…

Deur gister na Michael te luister, en fisies te ervaar hoedat hy, ongeag hoe moeilik sy begin jare ook al mag gewees het, ‘n sukses van sy loopbaan gemaak het, was wonderlik. Om te hoor dat dit geensins sonder enige voorwaardes was nie , was bemoedigend! Als op God se tyd, en nie Michael se eie tyd nie. Dit het vir my, in my eie journey, soveel hoop en bemoediging gegee! Want dit het vir my gesê, al sukkel jy dalk nou, kàn jy daar uitkom! Dit ìs moontlik! Hou net jou oè op God se prentjie gefokus! En byt vas!  Ja ek suffer dalk nou, maar op God se tyd sal die deurbraak kom! ‘n Deurbraak groter as waarop ek myself ooit op sal kan voorberei!

Soos Michael sê, elke winter word gevolg deur ‘n somer, altyd! En daaraan sal ek vashou! Want die sukses van iemand wat onder begin en homself met God se genade opwerk, bereik hoogtes wat geen mens op aardse kragte kan bereik nie. So ja, dinge lyk en voel dalk vir my op die oomblik asof dit nie beweeg teen die spoed waarteen ek dit sou verkies het nie, en ja dinge voel dalk nou hopeloos, en ja ek voel dalk nou so bietjie negatief… maar God kan, as dit Sy Wil en plan is, my tot dieselfde hoogtes bring. En daaraan sal ek vashou!

Dankie Michael dat jy jou storie met ons kom deel het, ek verseker het nodig gehad om dit te hoor!